Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Matlosana Munisipaliteit het verbruikers in kennis gestel dat munisipale werknemers tans besig is met kredietbeheer-aksies, wat die afsny en koppel van elektrisiteit insluit.

Ntswaki Makgetha van die munisipaliteit het benadruk dat slegs munisipale werknemers hierdie dienste sal uitvoer. Geen eksterne diensverskaffer is aangestel om krag te sny nie, ‘n aangestelde kontrakteur sal wel waterbeperkings hanteer.

 

Daar is berigte van swendelaars wat voorgee om munisipale werknemers van die kredietbeheer-afdeling te wees. “Verbruikers word aangeraai om nie hierdie swendelaars toegang tot hul eiendomme te gee nie en veral geen geld aan hulle te oorhandig nie. Die gemeenskap moet bewus wees dat die enigste aangestelde kontrakteur spesifiek vir waterbeperkings werk,’’ het sy gesê.

Alle betalings moet by munisipale kantore, via die munisipale bankrekening (EFT), of deur pay@ en Easypay gemaak word.

Vir verdere navrae, skakel die Kredietbeheer-afdeling by die Finansiële Departement by 018 487 8559/8558.