Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die jaarlikse borskanker fondsinsameling van OFM, Bowling 4 Boobies, is verlede week by Klerksdorp Rolbalklub gehou en dit was ‘n fees van pienk. 

Altesaam 42 spanne (168 spelers) het mekaar aangedurf op die bane van KBC en toe was dit tyd vir die veiling van items ten bate van borskankernavorsing. 

 

Read more …Rolballe en geld rol in

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stalletjiemark wat naweke by die Pick n Pay Hipermark gehou word, se eerste mark vir November was ‘n rasende sukses.

Tydens die mark is prominente Klerksdorpers in ‘n groot staalhok toegesluit om fondse in te samel vir die kankervereniging. Tinus van Staden, die organiseerder, was self ook vir ‘n wyle agter tralies. Hy het op Dinsdag 3 November gesê ‘n bedrag van R21 216 is aan Kansa oorbetaal.

Nellie de la Rey, afgetrede bemarkingsbestuurder van Pick n Pay, is ook toegesluit en het ‘n raps oor die R3 000 ingesamel vir die goeie saak. Sy het al haar vriende bedank wat haar help vrylaat het. Die eienaars van Pro Watch Security, sakevrou en Rotariër, Cheryl Katz, en Marius Niemand en ander, het almal bedank vir hul bydrae tot die fondsinsameling. Isak Malan is by sy besigheid inhegtenis geneem om aan die fondsinsameling deel te neem. “Dankie vir almal se bereidwilligheid en goeie gees,’’ het Van Staden gesê.

Die volgende mark is op 29 November.

31 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die organiseerders van die Klerksdorp Boekefees het die afgelope naweek ‘n nuwe kortverhaalkompetisie aangekondig. Die Sandy Schoeman-kortverhaalprys spog met ‘n prysgeld van R2 500 en die tema is Daar’s net een jy.

Die opwindende nuus is tydens hulle Daar’s net een jy-samekoms by From Shack to Sanctuary in Klerksdorp aangekondig. Susan Coetzer het oor haar boek Super C gesels en drie Klerksdorpers, Sandy Schoeman (Rooiletterkind), Petro-Odendaal-Kotze (Wanneer die krieke stil word) en Sam-Annique Lowry (Forever Yours), het meer oor hulle boeke vertel.

Read more …Boekefees vereer plaaslike skrywer

31 October 2025

Klerksdorp Record, Klerksdorp - The inaugural NW Funeral and Cemeteries Conference 2025 with the theme Challenges facing the Modern day Funeral and Cemeteries sector in South-Africa will be hosted in Klerksdorp.

The event will be held on November 25-26 with the purpose to bring industry leaders, funeral parlours and stakeholders together under one roof and have robust dialogue about the challenges and shortcomings the industry is facing. 

 

Read more …Funeral, cemetery conference next month

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die SAVF/Rethabile Kinderhuis se Kersprojek is besig om momentum te kry met nog sowat 60 geskenksakkies beskikbaar.

Hulle is besig met ‘n projek om vir elke kind ‘n geskenkpakkie te gee vir Desember. Die kinderhuis het tans 150 kinders waarvan die jongste 2 jaar oud is en die oudste 20. Sakkies kan by die kantoor afgehaal word en op elke sakkie is daar ‘n lys van wat benodig word, maar enige skenking is welkom. 

Die grootste behoefte is nuwe klere vir die kinders en daarom is ‘n denim, t-hemp en ‘n paar skoene op elke lysie. Elke sak het ‘n naam op en die kind se klere- en skoengrootte. Skakel Mina of Martie by 018 464 1888 of 083 379 7811 om jou sakkie te kry. Alle pakkies moet op 8 Desember terug wees by die kinderhuis.

More Articles …