Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Nic en Marie Pollard was 59 jaar getroud op 12 November.
Nic het die vorige dag tagtig jaar oud geword (11 November) en die familie en vriende het behoorlik partytjie gehou vir dié dubbel geluk! Marie is 79 jaar oud.
Die egpaar bly op die plaas Palmietfontein en Nic boer nog steeds.
Volgens hulle is die resep vir so ‘n lang huwelik om hard te werk, baie te lag, lekker te stry, maar moet nooit kwaad gaan slaap nie.
Hulle het twee kinders, drie kleinkinders en vyf agterkleinkinders.