Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Martie Lamprecht het die derde plek in RSG se bakgat beskuitkompetisie in die kategorie vir moderne gebak, losgebak. 

Dié bakgat bakker het meer as vier dekades in Bloemfontein gebly in ‘n huis met ‘n groot kombuis - en nou is sy in ‘n meenthuis in Klerksdorp met ‘n klein kombuis. Sy het gelukkig al haar koek- en beskuitpanne saamgetrek.

 

 

 

 

Sy vertel sy was reg vir as sy sou wen, maar is tevrede met haar derde plek. “Ek het verlede jaar ook ingeskryf en is toe nie eens genoem nie. Ek het toe besluit die beoordelaars hou van “iets anders”. 

“Ek het hierdie jaar ‘n buitengewone baksel ingeskryf en almal was gek daaroor, maar nie die beoordelaars nie. Die wenner se resep is baie tradisioneel. Die wenner het ‘n ontbytbeskuit ingeskryf en ek sou dit graag wou proe,” vertel sy.

Martie het biscotti gebak met pistachio en veenbessies (cranberries) en dit in vingers gesny. Dan het sy die een punt van die beskuit in koffiesjokolade gedoop. “Carike Keuzenkamp het oor my baksel gepraat en sy het baie daarvan gehou omdat dit iets anders is,” sê sy.

Haar derde plek het haar ‘n kontantprys van R5 000, asook verskeie ander pryse in die sak gebring.

Martie is ‘n verpleegkundige van beroep en hou van die gevoel om met deeg te werk. Sy speel graag met resepte. Sy is glad nie ‘n onbekende in die kookwêreld nie, want sy was ‘n deelnemer van Koekedoor en haar melktertresep het ook al die monde laat water. Haar man is ‘n afgetrede skoolhoof en haar seun is ‘n plaaslike plastiese sjirurg.

* ‘n Ouma van Pretoria met nege kleinkinders wat behoorlik smul aan haar beskuit, is as die algehele wenner aangewys in RSG en Virseker se landwye soektog na die land se “bakgatste” beskuit. Magda Janse van Vuuren (71) het ‘n totale pryspakket ter waarde van meer as R700 000 ontvang.