Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die TC Pienaar leeskring bestaan al sestig jaar en het die luisterryke herdenking op 12 November gevier.

Die lede het by Annet van der Walt op die plaas Mahemsvlei buite Klerksdorp gekuier waar hulle die Klerksdorpse skrywer, Sandy Schoeman onthaal het. 

 

 

Dié gevierde skrywer het as gasspreker opgetree met ‘n insiggewende bespreking van haar eerste boek, Rooiletterkind. 

Al die lede het die boek vooraf gelees so daar was ‘n lewendige bespreking na Sandy se vertelling oor haar persoonlike ervaring met ‘n pleegkind.

Die dames is daarna met ‘n driegangmaaltyd trakteer met geregte wat deur die lede self voorberei is. 

Die leeskring was voltallig met net Marlene Lemmer wat afwesig was weens ‘n onlangse rugoperasie. Die leeskring het onlangs ook ‘n jarelange leesklublid aan die dood afgestaan. 

Hester Cronje was vir 51 jaar aktief by die kring betrokke.