Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is weer tyd vir Triest se jaarlikse Kersmark.
Die Kersmark vind einde November plaas en daar is ‘n paar verrassings. Triest is op die hoek van Elm- en Centrallaan geleë. Die mark vind op 28 en 29 November plaas. Johan Gerber, bestuurder, nooi lesers uit om hul Kersinkopies by die mark te kom doen met spoggerige handgemaakte artikels, Kersversierings, dekor vir huis en tuin en vele meer te koop.













