Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Pastoor Nico-Drei van der Merwe het die afgelope naweek sy gemeente gegroet nadat hy ‘n beroep na die Noordkaap aanvaar het.
Hy was vir 10 jaar verbonde aan Nuwe Lewe en het vandeesweek verhuis na Kathu waar hy by die AGS-gemeente op die dorp aangesluit het.
Tydens die afskeidsdiens op Sondagaand 18 Januarie het pastoor Wikus van Zyl gedeel hoe hy vir Nico-Drei, vars uit skool, onder sy vlerk geneem het.













