Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die vreugdevure brand by die Ber-Kaz-Endurance Arabier stoetery in Dorinkruin waar ‘n merrie die afgelope naweek geboorte geskenk het aan twee gesonde vullens.

Dit is ‘n uiters raar verskynsel vir ‘n merrie om twee vullens vol termyn te dra, maar die twee gallop te lekker agter hul moer aan, min gepla oor die opskudding wat hul geboorte vroegoggend op Saterdag 17 Augustus veroorsaak het.

 

Eerste ding waaraan Binki Kasselman, eienaar van die stoetery, gedink het, is het die moer genoeg melk. “Ons is op baby watch en moet elke twee ure seker maak hulle drink genoeg en hul word gedurig gemonitor. Ons moet ook kyk dat die sterker een nie die swakker enetjie se drinktyd steel nie, en dat die moer genoeg melk het en albei vullens aanvaar.’’

Die tweeling was ‘n verrassing en al het Binki vermoed daar kan twee vulletjies wees oor die merrie baie groot gedra het, was die kanse skraal. “Met vorige tweelinge by ons het die merrie spontaan op so ses maande geaborteer, so dis eintlik baie skaars. Hulle is nog nie uit gevaar nie, en ons het nog ‘n ver pad om te gaan met hulle, maar is positief vir ‘n goeie uitkoms.’’

Die twee, Zakari (die hings) en Zofi (die merrie) is suiwer Arabierperde. Die vaar, FS Jumani-El Saghir en moer, Johrhemar Zafirah Bey is deel van die teelprogram by Ber-Kaz. Arabierperde word veral gebruik vir uithouritte en is bekend as die marathonatlete onder perde. Die pa en ma by perde word vaar en moer genoem.

Binki is dankbaar vir die hulp, raad en aanmoediging wat sy vanuit die perdegemeenskap kry na die geboorte van die twee vulletjies. “Dit bly maar net genade en ‘n gebedsaak, en ons hoop om hulle suksesvol groot te maak.’’