Wat sou die donkie sê, as hy dalk kon praat? Dit is die vraag wat Zet Havenga, kurator van The B Gallery in Klerksdorp wil hê mense moet oor nadink. Die donkie is die enigste dier met ‘n kruis op sy rug en ook die dier waarop Jesus in Jerusalem ingery het. Die kunsuitstalling met die hooftema Paasfees het Vrydagaand 11 April op ‘n luisterryke wyse geopen met ondermeer ‘n voordrag deur studente van Dramatique drama-akademie. Die uitstalling kan vir nog drie maande besigtig word. ‘n Gedeelte van die kunsverkope word ook geskenk aan ‘n donkie herberg by Hartbeespoortdam.
Die donkie se kruis
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode