Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stalletjiemark by Pick n Pay hipermark het die afgelope naweek plaasgevind en dit was die dag van al die sterkmanne.
Volgens die organiseerder, Tinus van Staden, het hulle 46 uitstallers gehad op Saterdag 1 Maart.
Johan Els, een van die sterkste manne in die wêreld, het ‘n kragmanvertoning gelewer asook Venter Gim in Klerksdorp se liggaamsbouers en eienaar, Hannes Venter (75).
‘n Nuwe stalletjiemark vind op Saterdag 8 Maart by Builders en Hinterland langs die N12 plaas. Gaan loer in tussen 08:00 en 13:00.
Die volgende stalletjiemark by die Pick n Pay hipermark vind op 29 Maart plaas. ‘n Veteraan motorskou sal tydens die mark plaasvind.
Tinus van Staden het meer inligting oor al die markte. Skakel hom by 083 294 8077.