Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Dominique Prinsloo is ‘n elfjarige meisiekind wat se lewe in ‘n oogwink verander het toe sy einde verlede jaar uit die bloute met longkanker gediagnoseer is. Haar ma, Corene, beskryf haar kind se toestand as kritiek. 

Dominique is gek oor ballet en het verlede jaar Oktober erg pyn oor haar blaaie gekry as sy ballet en toe bloed begin hoes. “Toe het ons besef iets is groot fout. Dit was nie lank toe is sy gediagnoseer en het die behandeling begin,” vertel Corene.

 

 

Dominique het slegs 40% longkapasiteit en is voltyds op suurstof. “Ons benodig dringend ‘n suurstofmasjien en het nie ‘n mediese fonds nie. Sy word behandel by Baragwanath hospitaal in Johannesburg en ons kan nie kla oor hulle nie. Ons gebruik tans so ‘n masjien wat ons geleen het. Hy is egter op sy laaste bene. ‘n Nuwe masjien kos sowat R25 000,” sê sy.

Dominique het meer as net longkanker. Sy het ook kanker in haar gewrigte.

Haar ma sê die diagnose was ‘n baie groot skok en sy probeer sterk bly vir haar dogter. “Dominique vat dit swaar. Sy het lang hare gehad en dit het alles uitgeval. Daar is darem goeie nuus, want die een gewas het gekrimp na die chemo.”

Dominique ontvang tuisonderrig by Shalom in Klerksdorp. Sy het ‘n jonger sussie wat nege jaar oud is. Sy is gesond.

‘n Gholfdag fondsinsameling word op 22 Maart by die Orkney gholfklub gehou. Die gholfdag sal volgens die IPS-formaat plaasvind en afslaan is om 07:00. Dit kos R1 800 om ‘n putjie te borg en dit sluit ‘n vierbal in. ‘n Vierbal alleenlik kos R1 200 (R300 per speler). Dit kos R1 000 om slegs ‘n putjie te borg. Al die pryse sluit “halfway” uit.

Bespreek jou plek by die Pro Shop, 018 473 2899. 

Kontantskenkings kan by D Prinsloo, Capitec 2195769331 inbetaal word. Enige bydrae sal baie vir hierdie gesin beteken.