Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Goliat van Gat Pampoenfees op Cullinan het die afgelope naweek bieliepampoene opgelewer.
Die wenner vanjaar was Cornelis Bester van Heidelberg met sy pampoen, Grietjie, wat die skaal op 445 kg trek.
Die pampoengeregkompetisie was ook ’n sukses, met Ritha Combrink wat as wenner uit die stryd getree het met haar heerlike pampoensop. Die eerste vyf wenners van die pampoengeregkompetisie het elk ’n kookkursus gewen.
Die pampoendra-kompetisie het gesorg vir ’n paar swaar oomblikke toe deelnemers hulle bes gedoen het om die groot pampoene rond te dra, en die pitspoegkompetisie het die spoeg laat spat.
Grietjie kraai koning
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode