Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Myra van der Linde het haar negentigste verjaardag op 31 Desember gevier en beplan ‘n groot opskop dié naweek om dit behoorlik te vier. 

Myra is in 1933 op ‘n Kalahariplaas gebore as ‘n nooi Pyper. Sy was drie keer getroud en het drie mans oorleef. 

Volgens haar dogter, Sandra Schlebusch, het haar ma in die Oos-Kaap in verskeie dorpe (King William’s Town; Cathcart; Steynsburg) en stede (Port Elizabeth en Oos-Londen) gewoon en in 1969 na Stilfontein verhuis. 

Haar eerste man, Boon Strydom, was werksaam by Sanlam en is na die verskeie dorpe en stede verplaas. As gesin was hulle eers op Stilfontein, toe Klerksdorp, en vanaf 1973 weer op Stilfontein.

Na Boon se afsterwe, trou sy met Dirk Britton van Carletonville. Nadat hy oorlede is, is sy en Toppie getroud. Hy het haar 7 jaar gelede ontval. 

Myra skryf haar lang lewe toe aan die Vader se sëen en genade, asook ‘n lus vir die lewe. “My ma se brein is helder, sy is fiks en gesond en geniet die lewe saam met haar twee eie kinders en hul gades, vier eie kleinkinders en amper vier eie agterkleinkinders. “Ons verwag die vierde agter-kleinkind in Maart. Daarmee saam het sy Toppie se drie kinders, hul gades, sewe kleinkinders en 12 agterkleinkinders.”

Haar verjaardagpartytjie vind op Saterdag 13 Januarie plaas en haar groot gesin en “vriende wat nog leef” sal dit bywoon.