Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die onlangse vloed is verby en alhoewel daar steeds vyf sluise oop is het die watervlak die afgelope naweek begin daal. Die meeste mense wie se huise langs die Vaalrivier oorstroom het, is besig om skoon te maak. 

Dit sluit huise op Bloemhof in, sowel as huise by die Boating Club en ander klubs langs die rivier naby Orkney.

 

 

Die Vermaasdriftbrug is weer oop vir verkeer en die Wawielpark Vakansieoord kan nou makliker bereik word. Die oord het skade gely en was gesluit, maar is weer volstoom aan die gang veral omdat heelwat besoekers oor die Paasnaweek en ander lang naweke verwag word.

Klerksdorp Rekord het met Arthur Keefe gepraat. Hy is ‘n bestuurslid van die Transawl Riverside Club (ou Air Force Club) en monitor daagliks die watervlak.

Volgens hom sou twee sluise van die Vaaldam moontlik teen druktyd (Woensdag) al toe wees en is daar geen sprake van ernstige reën op pad nie. “Die probleem was die reënwater wat die riviere in die gebied laat oorstroom het, nie die water wat van die Vaaldam kom nie. Teen Dinsdag 15 April het die water baie gesak en daar was steeds vyf sluise oop,” sê hy.

Hy het die ontruiming vanjaar vrygespring, maar ander huise by die klub was onder water met die water wat tot teen die dak was. ‘n Sesde sluis sou die water oor die huise geneem het. Hy sou ook dan moes ontruim het.

Lizette Havenga, eienaar van B Gallery, het erge skade dié keer vrygespring met die water wat net tot by hul rivierhuis se voordeur was. Volgens haar word die water beter beheer by die Vaaldam.

Diegene wat langs die Vaalrivier bly is altyd bewus van ‘n moontlike oorstroming. Tot dan lewe hulle ‘n idilliese bestaan met die rivier en sy pragtige wildlewe en opwindende watersport op hul voorstoep.