Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Wolwinkel in Buffelsdoornstraat het Saterdag 25 November die wenners aangekondig in hul Kersfees-kompetisie.
Kliënte is uitgedaag om ‘n Kersfeeself te hekel of brei.
Klerksdorp Rekord se redakteur Salomé Kotzé het die moeilike taak gehad om die wolprodukte op Saterdag 25 November te beoordeel. Sy hekel ook en was verstom oor die vernuf en kreatiwiteit van die inskrywings.
Vir Lana van Niekerk, eienaar van die winkel, was elke inskrywing uniek en besonders. Haar dogter, Leandri Erasmus, dink al die kreatiewe projekte uit en saam maak hulle ‘n goeie span.
Al vereiste was dat die dames wol van Elle Yarns gebruik onder andere Pure Gold, Cottons, Vintage 4Ply , Mirage, Charity, L’amore & Pullskein. “Dankie vir elke dame wat deel geneem het en die entosiasme waarmee julle deelgeneem het. Dit was groot pret. Ons maak weer so,’’ het sy gesê.