Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - As die Orkney Rotariërs uithang, hang hulle behoorlik uit.

Hul fondsinsameling op Saterdag 24 Februarie in Uraniaville was ‘n vyfster-geleentheid met die wie’s wie van Klerksdorp op die gastelys.

 

Die private Valencia Gastehuis by Bond Industries in Uraniaville is ‘n versteekte juweel wat net met uiters spesiale geleenthede sy deure oopgooi vir die publiek. Die gastehuis is ‘n private gastehuis wat net vir genooide gaste van Errol en Charlotte Senekal oopgestel word. Die pad soontoe lyk soos ‘n slagveld en die omgewing is industrieel, maar dan stap jy in ‘n wonderwêreld in met Afrikaanse en Franse flair. Pure Boere barok.

Die bekende kabaretster Amanda Strydom het opgetree en selfs sy was liries oor die spoggerige gastehuis versteek in die industriële gebied en nog ‘n verrassing was dat die gewilde sjef en voormalige eienaar van Rosemary’s, Christelle Erasmus die kos voorberei het. 

Op die spyskaart was ‘n beetslaai vir voorgereg en lamskenkel met groente en aartappel puree. Die nagereg was ‘n kaasbord met vye, verskeie kase en koeksisters. Dit is alles keurig voorgesit soos net sy dit kan doen.

Die tema van die aand was Gatsby ontmoet Bond. Die mans was in tuxedos uitgevat en die dames het hul uitgeleef in die modes van die 1920’s met pêrels en alles wat blink.

Amanda, begelei deur Coenraad Rall, se program het van die Briels tot Edith Piaf bevat. Sy het afgesluit met Piaf se No Regrets. Klerksdorpers gaan nog lank oor die aand praat! Die Rotariërs het die aand aangebied met die doel om klubfondse te versterk.