‘n Bietjie modder was nog nooit sleg vir ‘n mens nie en deelnemers aan Cancervive se Mud Adventure op Saterdag 14 September was nie bang om vuil te word nie. Want die modder sal afspoel, maar die herinneringe sal ‘n leeftyd hou. Ten spyte van sterk wind het sowat 200 deelnemers opgedaag vir die jaarlikse avontuur wat fondse insamel vir Cancervive. Nie een van die struikelblokke op die roete kan enigsins gelyk gestel word aan die lyding van ‘n kankerpasiënt nie. Cancervivers Charmaine Rider, Wilma Maritz en Carla Olivier het ‘n onvergeetlike geleentheid aangebied wat gehelp het om fondse vir Cancervive in te samel. Oor ‘n paar dae sal hulle gemeenskappe in Noordwes besoek om lewensreddende kankerbewustheid en opvoeding te deel vir wie dit nodig is. Foto: Monique van Rooyen.
Modderbad skrik niemand af
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode