Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Vierfontein - Die NG Kerk Vierfontein se fees was ‘n reuse sukses en ‘n fees waarop die gemeente met dankbaarheid terugkyk.

“Ons wil net vir almal bedank wat bygedra het tot die voorbereiding en harde werk, want daarsonder sou die dag nie so ‘n sukses gewees het nie. Veral Klerksdorp Rekord en Overvaal Stereo se bemarking van ons kermis, het baie blootstelling aan ons pragdorpie gegee,’’ het die kerk gesê.

Die Wes-Transvaal Ou Motorklub van Klerksdorp, De Oude Wielen motorklub van Bothaville, JY Motors op Orkney, en individue wat hul spoggerige voertuie tentoongestel het, was beslis ‘n groot aantrekkingskrag. Die Ullyses motorfietsklub het behoorlik die koppe laat draai met die dreuning van hul ysterperde, en daar was genoeg stalletjies om besoekers besig te hou.