Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Matrikulante maak gereed om vanaf 30 Oktober vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen te sit.

Volgens die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sal meer as 723 000 kandidate vanjaar se eksamen in 6 800 sentrums landwyd aflê. Dié eksamen, wat tydens die eerste week van Desember tot ʼn einde loop, verteenwoordig nie net ʼn belangrike skolastiese assesseringstydperk nie, maar ook ʼn tyd van verhoogde emosie en angs vir leerders, aldus dr Chris-Mari Le Hanie, ’n dosent by die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia.

Sy sê dit is belangrik dat ouers, voogde, versorgers en die gemeenskap ʼn laer trek rondom die leerlinge ter ondersteuning van die eindeksamen. Goeie voorbereiding speel natuurlik ook ‘n belangrike rol.

Sy deel ‘n paar praktiese studiewenke om die angel uit die voorbereiding vir die eksamentyd te haal:

Stel ‘n studierooster op wat vir jou werk, met betrekking tot die hoeveelheid tyd wat aan elke vak toegeken word. Wees realisties en neem jou eie ritme en studievoorkeure in ag.

ʼn Produktiewe werkruimte bevat genoeg lig en vars lug, en waak teen onnodige onderbrekings. Selfone behoort gebêre te word omdat dit jou konsentrasievlakke kan beïnvloed.

Neem na elke 35 tot 40 minute ʼn blaaskans van 10 tot 15 minute. Doen iets wat jou aandag van jou studies aflei soos fisieke oefening, lees of om tyd saam met ʼn troeteldier te spandeer.

Eet gesond en drink genoeg water.

Volgens dr Le Hanie is dit vir leerlinge nodig om deur vorige vraestelle te werk. Op hierdie manier word ʼn eksamenatmosfeer nageboots en die leerling raak vertroud met die verskillende maniere waarop vakkennis getoets kan word. 

Die volgende hulpbronne kan hier van nut wees: LitNet se Skole-afdeling, die Departement van Basiese Onderwys se webtuiste, die Mind the Gap-studiegidse en die Wes-Kaapse Departement van Onderwys se wenke vir sukses.