Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die Vlytige Damesklub is ‘n sosiale klub op Stilfontein waar vroue maandeliks bymekaarkom om nuwe vaardighede en tegnieke aan te leer.

Hulle vergader elke derde Woensdag van die maand in die kerksaal van Stilfontein Sentraal in Gonubestraat. Die volgende vergadering is op 21 Februarie.

By elke byeenkoms word ‘n demonstrasie gedoen of ‘n werkswinkel aangebied  waaraan almal kan deelneem. Hierdie jaar se beplanning sluit ‘n werkswinkel in om blomme van blare te maak, asook die maak van geskenksakkies.

Demonstrasies vir die maak van ‘n sement artikel, die versiering van ‘n kruis, verskeie maniere om filodeeg te gebruik, planne met blomme en die maak van ‘n potstaander word aangebied. Daar is ook ‘n geleentheid om die borduurwerk van Sri Lanka te sien en self te probeer. Daar word elke jaar ook ‘n uitstappie beplan wat gewoonlik groot aftrek kry. Julie is markdag! Belangstellende uitstallers kry die geleentheid om hul goedere bekend te stel en te verkoop. 

Al die byeenkomste word afgesluit met gesellige samesyn rondom ‘n versnapering en ‘n koppie tee. 

Alle dames van Stilfontein en Klerksdorp (en verder) is welkom om te kom kyk wat gedoen word. Dis ‘n geleentheid om iets nuuts te leer en nuwe vriendinne te maak. 

Alle aktiwiteite is vrywillige deelname en niemand word verplig om ‘n item te maak nie. Navrae kan gerig word aan Adri Venter by 083 351 3627.