Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Wildsvleis is eg-Afrikaans en Triest se bekende wildsfees is al ‘n instelling wanneer die winter se ergste koue amper verby is.

Diegene wat die fees vantevore bygewoon het, weet jy kan jou lippe aflek vir wat wag. Die fees word gehou op 1 Augustus om 18:00 by die sentrum, h/v Centrallaan en Elmstraat. Volgens die bestuurder, Johan Gerber, is dit ‘n “fees van ‘n buffel” by Triest se gewilde jaarlikse wildfees.

 

“Geniet ‘n uitmuntende verskeidenheid met agt smullekker wildgeregte - alles voorberei met ‘n verskeidenheid wildsoorte. Van sappige rooibok tot geurige njala. Verwag wildskerrie, bobotie, ghoulash, pasteie, bredies, gebakte wildsboude en -rolle.”

Die spyskaart laat die mond water: die voorgereg is wildsbiltongsop met blesbokkerrie, wildsworsbredie, swartwildebees-ghoulash, blouwildebees-herderspastei, rooibokpastei, blesbokboud, blesbokbobotie, en njala frikkadelle in mosterdsous op die buffet. Die nagereg is koeksisters. Die kos word met stampmielies, rys en boerbrood bedien.

“Elke jaar word dit groter en beter - en dié jaar beloof om die beste ooit te wees,”sê hy. Moenie dit misloop nie - bring familie en vriende, en kom kuier saam rondom ‘n bord vol eg-Suid-Afrikaanse geure. 

Die kaartjies kos R350 elk en R150 vir kinders jonger as 12 jaar en is by Gerber beskikbaar. Skakel hom by 082 414 5598 vir inligting. Geen drank word toegelaat nie. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.