Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - “Brandon is nou toegevou in die arms van Jesus.” Dit is hoe Brandon van Niekerk se familie berusting probeer vind na sy dood op Vrydag 8 Maart.

Die jongman wat net bietjie minder as ‘n jaar gelede met testikulêre kanker gediagnoseer is, sou op 17 Maart sy 22ste verjaardag vier. Hy het in April verlede jaar gehoor die kanker is reeds in ‘n gevorderde stadium.

Sy tannie, Lourette Jooste, het aan Klerksdorp Rekord vertel dit was ‘n baie moeilike jaar, “maar dit was ‘n plesier om by hom te staan. Ons was ‘n span en hy was nooit alleen nie”, vertel sy.

 

 

 

Brandon het as ketelmaker in Potchefstoom gewerk voor hy siek geword het. Hy kon nie meer werk ten tye van sy siekte en behandeling nie. Hy was ongetroud met ‘n seuntjie, Bevan.

Sy ma, Nicky, bedank elkeen “wat so lief vir hom was’’.

‘n Gholfdag wat voor sy dood gereël is om mediese rekeninge te help betaal, gaan steeds voort aangesien daar nog steeds mediese uitgawes is, wat betaal moet word. Dit word gehou op 12 April by Orkney Gholfklub en begin om 10:30. Rig navrae aan die klub.

Sy begrafnisdiens vind om 15:00 op Vrydag 15 Maart by die Oase gemeente plaas.