Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

7 November 2025

Klerksdorp Rekord, Kleksdorp - ‘n Video van Divandré Botes wat by sy skoolkonsert dans, het sosiale media aan die brand.

Divi, soos sy ma hom noem, het verlede week aan Laerskool La Hoff se skoolkonsert deelgeneem, en so lekker lyf geswaai dat dit Melissa Odendaal, fotograaf (MPix Fotografie), se aandag getrek het. Sy het ‘n video van die seuntjie se danspassies op sosiale media gedeel en dit is nou al byna een miljoen gekeer gekyk. Sedertdien word die mannetjie vergelyk met Klein Kwagga én hy word oral herken en gelukgewens vir sy spontaniteit. 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hy is tans in gr R en is ses jaar oud. Melissa vertel dit was vir haar te oulik, dié seuntjie wat so spontaan dans. “Ek is verbaas oor hoe hierdie video versprei nie. Fatman het ook die video gedeel en is gaande daaroor. Die kinders het op een van sy liedjies gedans.’’

Divandré se ma, Karuschka, sê hy lag maar net as hy gelukgewens word of mense oor hom uitvra. Sy is verbaas oor sy selfvertroue en nog meer verbaas oor die reaksie van die mense. Die gesin het verlede jaar van Secunda na Klerksdorp verhuis na haar man se dood. Dit was vir die gesin ‘n harde slag en veral Divandré het gesukkel na sy pappa se dood aan breinkanker.

“Ek moet die onderwysers in La Hoff gelukwens, want hy was baie skaam en teruggetrokke toe ons hier aankom. Hy het verlede jaar ook aan die konsert deelgeneem en ek het maar agter gaan sit, want ek was bang dat hy nie sou dans as hy my sien nie. Hy het toe deelgeneem, maar vanjaar is hy ‘n ander kind - spontaan en vol selfvertroue. Hy het ontpop,” lag sy.

Sy vertel sy pa en sussie het geen ritme nie en hy moes dit by haar gekry het, want sy hou van dans. “By die huis dans hy en sy sussie die hele tyd op die maat van revue- en kerkliedjies.”