Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Drie mans wat van poging tot moord aangekla word na ‘n messtekery  by ‘n uitspanoord kort voor Kersfees verlede jaar, is op borgtog vrygelaat.

Die landdroshof op Orkney het die saak na 24 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Hanyane Ronauld Mei (47), Danile Nxamakele (35), en Pitso Radebe (47) was sedert 24 Desember in aanhouding. Hulle het hulself aan die polisie oorhandig nadat ‘n selfoonvideo van die messteek voorval wat op 16 Desember by Hanscombe Haven gebeur het, wyd op sosiale media versprei is. 

 

 

Die video wys hoe Marc Hanscombe, eienaar van die dagoord, verskeie kere met ‘n mes gesteek word. Luidens ‘n verklaring van die polisie het Hanscombe mense aangespreek oor die gebruik van ‘n ‘hubbly bubbly’ wat op die perseel verbied word. “Die mense het aggressief geraak, Hanscombe aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek,’’ het kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

Hanscombe is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem en is in die intensiewe sorgeenheid behandel. Dit het intussen aan die lig gekom dat hy kort nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, ‘n aand in die polisieselle geslaap het toe die polisie hom op ‘n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, in hegtenis geneem het. Dieselfde mense wat hom aangerand en met ‘n mes wou doodmaak, het die klagte teen hom gelê.

André van Aswegen, sy regsverteenwoordiger, het aan Klerksdorp Rekord gesê die staat het geen vervolging ingestel nie en die klagte teruggetrek. Hanscombe is toe vrygelaat. “Ons aanvaar dat die reg sy gang gaan en dat die beskuldigdes borgtog gekry het. Dit is deel van die proses. Dat my kliënt egter vir ‘n nag aangehou is, en dit terwyl hy nog herstel van sy beserings, is onaanvaarbaar en was onnodig.’’

Volgens Sivenathi Gunya van die NPA moet die drie beskuldigdes as deel van hul borgtogvoorwaardes daagliks by Jouberton polisiestasie aanmeld en mag hul nie met staatsgetuies in kontak kom nie.

Hanscombe het verkies om nie kommentaar te lewer nie.