Sidebar

Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
07
Tue, Jan

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Bekende diereliefhebber van die stad het verlede week ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n jongman haar in haar huis aanval en gedreig het om haar te verkrag. 

Boonop het die skurk vandeesweek ‘n foto en ‘n boodskap op ‘n sosiale media platform na haar gestuur en gedreig om terug te kom.

Sandra van der Merwe is nog steeds getraumatiseerd na die aanval. Sy vertel sy en haar aanvaller het op die bed gestoei terwyl sy hard gebid en geskree het om hom te probeer ontsenu en van haar weg te kry.

 

Die voorval het omstreeks 14:00 op Donderdag 13 Junie in haar huis in Freemanville gebeur.

“Ek bly alleen in die huis en het die buitedeur oopgemaak sodat my honde kon uitgaan. Toe ek weer terugkom in my slaapkamer, toe is hy daar. Hy het ‘n mes by hom gehad.”

Die skelm het in haar kaste begin grou en dit uitgegooi en deurentyd vir geld gevra. Hy het ook kos gevra en toe vir ‘n skootrekenaar. “Ek het nie geld nie, ook nie ‘n skootrekenaar nie, maar hy het my selfoon gevat. Hy het gesê ek moet hom R100 gee en dan kan ek my foon terugkry.”

Toe hy niks kry nie het hy gedreig om haar te verkrag en het haar op die bed vasgedruk. “Ek het gesê nee jy gaan nie en hy het sy knie in my rug gedruk en ek dink ‘n rib gebreek. Ek het so hard as moontlik geskree en gebid. Ek is nou nog vol blou kolle. Ek het net nie toegelaat dat hy my bene oop kry nie,” sê sy.

Sandra glo God het haar beskerm, want die aanvaller het net opgehou en is by die deur uit - terwyl sy so hard as moontlik geskree nie. “Niemand het gehoor of kom help nie. Ek is net bly hy kon nie doen wat hy wou nie. My keel is nog so seer geskree,” sê sy. Sy het ‘n vriend ge-Whatsapp wat die polisie in kennis gestel het.

“Die polisie was binne 30 minute by my en hulle het vingerafdrukke geneem. Hulle ondersoek ‘n saak van huisroof, maar dit is soveel erger. Hy was gewapen en hy wou my verkrag,” sê sy.

Teen druktyd is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. 

Die polisie waarsku weer mense om ten alle tye paraat te wees, veral as hulle alleen bly en dit nie maklik maak vir kriminele om toegang tot hul huise te kry nie.