Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - ‘n Vyfjarige kind is dood nadat hy deur honde aangeval is.

Die seuntjie het glo op ‘n betonmuur gesit in sy erf, toe hy val en in die bure se erf beland. Die bure se honde het hom doodgebyt. Adj-off Elize van Schalkwyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die kind is na die kliniek gejaag waar hy met aankoms dood verklaar is.

“’n Geregtelike doodsondersoek het begin na die sterfte. Voorlopige ondersoek dui dat die kind in die sorg van sy ouer broer was toe die voorval gebeur het. 

Hy het buite gespeel en was blykbaar bo-op ‘n muur wat die een erf van die ander skei. Hy het geval en die honde het hom ondermeer aan sy keel beetgekry. Die vermoede bestaan dat hy die honde uitgelok het.’’

Die kind se ouers was by die werk ten tye van die voorval Maandagmiddag 19 Augustus in Shakespearelaan. Sover Klerksdorp Rekord kon vasstel is die diere nie van kant gemaak nie.