Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Op die vooraand van ons susterskoerant, Rustenburg Herald, se 100ste bestaansjaarvieringe wat eerskomende naweek gevier word, is dit met leedwese dat Noordwes Koerante bekend maak dat PJ (Pieter) Theron - vir dekades lank die vader van Rustenburg Herald, uitgewerspionier en raakvat-sakeman - Maandagoggend oorlede is. Hy was 94 jaar oud. Hy was regstreeks verantwoordelik vir die stigting en uitbreiding van die Noordwes Koerantgroep van ‘n beskeie plattelandse gemeenskapskoerant (Rustenburg Herald - 1924 tot 2024) tot ‘n volwaardige mediagroep in Noordwes en Noordkaap met 11 publikasies. Die Theron-familie bedank alle Rustenburgers, familie, vriende en kennisse vir hul blyke van simpatie en boodskappe van bemoediging. ‘n Gedenkdiens word Vrydag 18 Oktober, om 10:00 vanuit die NG Kerk Faerie Glen in Glenwoodweg 429, Faerie Glen, Pretoria gehou. Die diens sal regstreeks gebeeldsend word. Kliek op https://bit.ly/pietertheron - REDAKTEUR.