Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die indrukwekkende Nutritional Foods gebou in Industriastraat, Klerksdorp is besig om geplunder te word. Klerksdorpers is geskok dat die plek “voor ons oë, baksteen vir baksteen weggedra word en niemand doen iets daaraan nie’’. Volgens die polisie kan hulle nie teen die plunderaars optree nie aangesien die eienaar nie ‘n diefstalklagte gelê het nie. Klerksdorp Rekord het sover ons kon vasstel, uitgevind die onderneming is insolvent verklaar. Die gebou is verlate met geen sekuriteit nie. Nutritional Foods het voorheen soja produkte, soppoeiers, pap ens vervaardig en landwyd versprei.