Klerksdorp Rekord, Stilfontein - ‘n Groep mans, vermoedelik onwettige myners, is voorgelê en vasgetrek toe hulle internetkabels wou steel.
Volgens rdl Pieter du Preez het ‘n plaaslike privaatspeurder die groep Basothos deurnag voorgelê by die h/v Stilfonteinweg en Breedestraat en is daar vroegoggend op Woensdag 5 November toegeslaan.
Die groep het kabels ondergrond probeer steel, nadat vesel geïnstalleer is en die kabels nie meer gebruik word nie. Die koperdiewe is omstreeks 03:00 in hegtenis geneem en ander het weggejaag. “Die polisie het die motor met die wat probeer wegkom het, op die N12 voorgekeer.”
Volgens Du Preez is Stilfonteinweg sowat 12:00 weer oopgestel vir verkeer.
Klerksdorp Rekord het die polisie genader vir meer inligting, maar geen antwoord is teen druktyd ontvang nie.










