Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die moordverhoor van Frikkie Jansen van Rensburg is die week in die Klerksdorp Streekhof aan die gang.

Hy word daarvan verdink dat hy die dood veroorsaak het van Wayne van Zyl wat in die vroeë oggendure van 27 November 2022 dood is in die parkeerterrein van Tipsy Cow, ‘n plaaslike kroeg wat na die voorval sy deure gesluit het. Hy het gesterf weens bloeding op die brein.

 

 

Die verhoor het op Maandag 2 September hervat nadat dit in Augustus begin het. Jansen van Rensburg ontken skuld. 

Michael van Zyl, wat saam met sy broer (Wayne), Wayne se verloofde, Shanice van Loggerenberg, en ene Johan, ‘n vriend van Michael by Tipsy Cow gekuier het nadat hulle vroeër die dag by die Melkfees was, was lank in die getuiebank en sal waarskynlik later die week weer geroep word. 

Hy was die tweede getuie wat beweer dat die beskuldigde vir Wayne geskop het voordat hy geval en vermoedelik vinnig sy bewussyn verloor het. Hy het nooit weer bygekom nie.

Kobus Burger, vir die verdediging, het in kruisondervraging gesê sy kliënt sal getuig dat Wayne hom met uitlokkende handgebare gewys het hy moet na hom toe kom. Hy het ook verwys na videomateriaal buite die kroeg waar dit lyk of Wayne driftig met mense buite die kroeg praat en beduie.

Burger het Van Zyl ook gepeper met vrae oor drie verskillende verklarings wat hy na die voorval afgelê het. In een van die verklarings het die hof gehoor dat Van Zyl en Wayne die uitsmyters by die kroeg daardie aand getart het. Van Zyl het dit ontken, maar onder 
kruisondervraging erken dat hy en sy broer, nadat hulle uit die kroeg verwyder is, mense ‘n paar keer gevloek het.

Die verhoor duur voort.