Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Derduisende rand se lekkergoed is verlede week uit ‘n motor gesteel wat oornag by ‘n plaaslike gastehuis geparkeer was.

Die luikrug van die gehuurde Toyota Yaris waarmee Chris Basson Maandagaand 9 Junie in Klerksdorp aangekom het, was tot teen die dak gepak met bokse en bottels lekkergoed. 

 

 

Hy en sy vennoot was onderweg na Kaapstad deur Kimberley waar hulle die lekkergoed aan kliënte sou aflewer wat reeds daarvoor betaal het. “Dit werk uit op so R45 000 se lekkergoed. Ons werk met kontant en het vasgestelde kliënte by wie ons bestellings vat en aflewer. Die diefstal het ons geruïneer,’’ vertel Chris.

Hulle het al voorheen by die gastehuis oornag en was geskok toe die eienaar van die gastehuis hulle die volgende oggend wakker klop met die nuus dat daar by die motor ingebreek is. 

“Daar is hoë mure, en hoë hekke. Dit gaan my verstand te bowe hoe die diewe dit reggekry het om al die lekkergoed uit die klein venstertjie wat hulle gebreek het, te kry. Hulle kon dit ook nie oor daardie hoë mure tel sonder dat iemand iets gesien het nie. Ons spaarwiel en die jack (domkrag) en ‘n remote (afstandbeheer) van ons huis in Johannesburg is ook gesteel.’’

Hulle is nie verseker teen diefstal nie, en is platsak. Die gastehuiseienaar het hulle terugbetaal vir die nag se verblyf en met daardie geld is hulle vort na Johannesburg om planne te maak om weer voorraad aan te koop. 

“As iemand iets gesien het, laat weet ons asseblief. Mense moet maar ekstra versigtig wees as hulle by gastehuise oornag. Maak seker jou motor is veilig en alles word gedoen om dit so te hou.’’ Skakel Chris by 066 455 8356 indien jy iets opgemerk het.”