Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

15 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die twee Klerksdorpers wat amper ‘n maand gelede spoorloos verdwyn het, is terug in die stad en bevind hulle agter tralies.

Christiaan van Blerk (34) and Donovan van der Walt (25) het op 14 Julie verdwyn en nadat landwyd na hulle gesoek is, het die polisie die twee in Kempton Park opgespoor. Daar is aanvanklik gemene spel vermoed, maar soos die ondersoek gevorder het, het dit geblyk die twee mans sit self agter hul verdwyning. 

 

Hulle is op Donderdag 7 Augustus in Gauteng in hegtenis geneem en is aangekla van motordiefstal en diefstal van kontant. Hulle het verdwyn nadat hulle onderdele vir hul werkgewer moes gaan koop, en toe spoorloos met die geld en ‘n nuwe Hilux Raider bakkie verdwyn het. Hul werkgewer het hulle as vermis aangemeld.

Die plaaslike polisie het hulle in Gauteng gaan haal nadat hulle in kennis gestel is van hul bewegings in Gauteng.

Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het hulle op Vrydag 8 Augustus in die plaaslike landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding tot hul volgende versky-ning op 18 Augustus.