Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Lid van Predators Motorfietsklub is in die hospitaal nadat hy ernstige beserings opgedoen het in ‘n ongeluk die afgelope naweek. 

Jaco Maritz (45) is tans onder verdowing in die noodeenheid van Tshepong hospitaal. Sy skouer is gebreek, milt verwyder, neus gebreek, van sy ribbes is gebreek en sy longe is beskadig. Sy toestand is stabiel.

Volgens sy vrou, Janice, het sy net na middernag Vrydagaand 26 Julie ‘n oproep ontvang dat haar man in ‘n ongeluk betrokke was.

 

 

“Dit was by die Shell garage regoor Klerksdorp Hospitaal. Daar is baie stories van ‘n bakkie wat weggejaag het vanaf die toneel, maar ek dink nie daar was ‘n ander voertuig betrokke nie. Niemand weet presies wat gebeur het nie. 

“My man is net gebreek,” vertel sy hartseer.

Sy vertel dat die dokters positief is oor sy herstel, maar dat dit maande kan neem vir Jaco om ten volle te herstel. Hy is werksaam by Bikes & Bits in Ianstraat.

“Ek is oorweldig deur die mense se bystand met al die boodskappe en gebede vir Jaco. Dit is ‘n riem onder die hart. Ek probeer sterk wees vir ons kinders en vir hom. Ek het vier kinders uit ‘n vorige huwelik en ek en Jaco het een, maar dis almal ons kinders,” sê sy.

Janice beskryf haar man as iemand “wat gebore is om ‘n biker te wees, iemand met ‘n sagte, wonderlike hart”.