Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het begin met die hersieningsproses vir munisipale tariefaansoeke vir die nuwe finansiële jaar wat op 1 Julie geïmplementeer moet word.

Die Matlosana Munisipaliteit se aansoek vir ‘n verhoging van 11,5% op huishoudelike gebruik is op Nersa se webwerf gepubliseer vir openbare kommentaar (www.nersa.org.za onder Elektrisiteit>Konsultasie>kennisgewings).

 

Matlosana se elektrisiteitsrekening behels ‘n vaste maandelikse fooi (basiese koste) en ‘n koste per eenheid (kWh) wat verbruikers moet betaal. Die prys per eenheid hang af of jy ‘n huishoudelike gebruiker (met bloktariewe), ‘n besigheid, of industrie is. Daar is verskillende voorgestelde verhogings vir verskillende kategorieë (meestal rondom 11.5% vir huishoudelik/basies, en 7-8% vir sommige industriële tariewe).

Nersa vereis wettiglik dat alle munisipaliteite hul elektrisiteitstariewe bereken gebasseer op hoeveel dit die munisipaliteit kos om elektrisiteit aan hul kliënte te verskaf. Dit is ‘n wetlike vereiste in ooreenstemming met die uitspraak van die Nelson Mandelabaai-hofsaak waarvan Nersa nie kan afwyk nie. 

Volgens Nersa sal hierdie vereiste aan alle munisipaliteite afgedwing word vir die nuwe elektrisiteitstariewe. Indien die munisipaliteit versuim om aan hierdie vereiste te voldoen, sal dit die risiko loop dat sy tariewe nie goedgekeur word nie. 

* Belanghebbendes word aangemoedig om skriftelike kommentaar te lewer by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..