Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die NWU se nuwe mediese skool geniet nou die ondersteuning van dr Nobuhle Nkabane, Minister van Hoër Onderwys en Opleiding.

In ‘n brief aan die visekanselier van die NWU, prof Bismark Tyobeka, het die minister gesê dat sy die stigting van die nuwe mediese skool en verwante projekte by die universiteit ondersteun. 

 

 

“Die nuwe mediese skool hou die belofte in om beduidende bydraes tot beide die akademie en praktiese toepassings te maak, wat uiteindelik tot voordeel van die land sal wees,” het sy gesê.

Die NWU Mediese Skool sal die elfde mediese skool in Suid-Afrika wees, en die projek is ‘n koalisie tussen die NWU en die NW Provinsiale Regering. Die nuwe mediese skool wil die tekort aan gesondheidspraktisyns in die provinsie aanspreek, en ‘n basis bied om die land se mediese kundigheid te laat groei.

Die NWU het aansienlike vordering gemaak in die rigting van die vestiging van sy mediese skool en die ontwikkeling van die nodige kurrikulum. 

Minister Nkabane se ondersteuningsbrief is deurslaggewend vir die NWU en stel die universiteit in staat om die Program- en Kwalifikasiemengsel (PQM) te finaliseer en die kurrikulum aan die Raad op Hoër Onderwys (RHO) vir akkreditasie voor te lê.