Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

4 Julie 2025 - Deur Salomé Kotzé

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is reeds agt maande na die gru-botsing waarin vier jongmense van die stad dood is, en niemand is nog aangekla nie.

Die prokureur wat die Mercedes Benz bestuur het wat teen die blou Renault Clio gebots het, het nou nog geen verklaring oor wat die aand van 13 Oktober gebeur het, by die polisie afgelê nie. Hy het daardie aand die ongelukstoneel verlaat en twee dae later by die polisiestasie aangemeld waar ‘n waarskuverklaring geneem is wat sy regte aan hom verduidelik het. Hy sou ‘n verklaring oor die gebeure by sy prokureur aflê, wat deel van die polisie-ondersoek is, maar tot vandag toe is dit nie gedoen nie.

 

Dit is vir Cherice Grobler ‘n bitter pil om te sluk. Haar broer, Ruan Esterhuizen, het die blou Renault Clio bestuur. Saam met hom in sy motor, was sy meisie, Jackie Willis, en nog ‘n paartjie, Max Knott-Craig en Jané Janse van Rensburg. Nie een van hulle het die botsing oorleef nie.

“Ons is in die duister oor die ondersoek. Ons weet nie wat aangaan nie, en dit voel vir my of die man wat teen hulle vasgejaag het, beskerm word. Agt maande is ‘n lang tyd, en niks gebeur nie. My broer en sy vriende verdien tog dat geregtigheid geskied,’’ sê Cherice.

Sy het verlede week haar hart teenoor Klerksdorp Rekord oopgemaak en vertel dat haar ouers veral bitter swaar kry. Drie van die oorledenes het in hul huis gebly. “Ruan, Jackie en Max was beste vriende en skielik is hulle net weg. Die huis is stil. Ons kry nie closure nie. Die hele gemeenskap het vrae. Almal wil by ons weet hoe vorder die ondersoek, maar ons het nie antwoorde nie. 

“Almal sê ons moet nie ophou baklei nie, dat reg moet geskied, maar ons weet nie eens waar om te begin nie.’’

Ruan was haar ouers se enigste seun. Hul jongste kind. Hy was geliefd onder sy vriende. “Met sy dood het ek ‘n weergawe van my ouers verloor. Van my kinders. My sewejarige seuntjie wil by my weet hoekom het die Here nie vir Ruan beskerm nie. En ek kan hom nie antwoord nie, want ek wil ook weet.’’

Videomateriaal van die ongeluk is destyds wyd en syd op sosiale media gedeel. Volgens die polisie is dit deel van die ondersoek. Daarop kan gesien word hoe die wit Benz teen ‘n hoë spoed die kruising op die N12 nader en dan in die kruising teen die Renault bots.

“Hy het nie net een wet oortree nie. Mens kan dit duidelik sien op die CCTV footage. Hy het gejaag. Hy het oor ‘n rooi lig gery. Hy het die ongelukstoneel verlaat. Hy kan mos daarvoor aangekla word. Maar niks gebeur nie.’’

‘n Paar dae na die botsing het die polisie aan Klerksdorp Rekord gesê behalwe vir die klagtes vir strafbare mansslag kan daar nog klagtes by die klagstaat gevoeg word. Klerksdorp Rekord het vandeesweek betroubaar verneem dat die dossier nog ver van volledig is om aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir beslissing voor te lê. Die NVG sal besluit om vervolging in te stel of nie. Wat die ondersoek nog verder laat voete sleep, is dat die ondersoekbeampte tans op ‘n kursus is.

“Ek verstaan dit gaan hulle nie terugbring nie, maar hulle verdien geregtigheid. Dit is vir ons moeilik om te rou. Mens lees van soveel ander sake wat aan die gang is, maar hier gebeur niks. Dit is ‘n frustrasie,’’ sê Cherice.