Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee plaaslike skrywers het pas gehoor dat hulle op die kortlys is vir prestige pryse in die boeke wêreld.

Stefaans Coetzee wat onlangs bekroon is met Netwerk 24 se Smaakmakerprys vir boeke se eerste boek wat hy alleen geskryf het, Onbeskryflike Genade, is op die kortlys vir die Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies in Afrikaans.

 

Sandy Schoeman wat toevallig met Coetzee se aanmoediging haar boek Rooiletterkind geskryf het, is op die kortlys vir die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir ‘n debuutwerk. 

Verlede jaar se wenner in dié kategorie was ook ‘n Klerksdorpse skrywer, An-Mari do Carmo. Schoeman het net verlede week gehoor haar inskrywing vir NB Uitgewers se jeugboekpryse het ook die kortlys gehaal.

Albei skrywers glimlag van oor tot oor oor die benoemings. “Hierdie is ongelooflik. Nie net vir ons nie, maar ook vir Klerksdorp. Ek voel so trots, en nog meer ook vir Sandy, wat gewik en weeg het om haar boek te skryf en nou so vereer word. Ek is bowenal baie dankbaar, vir tweede kanse, vir my lewe, vir my kinders en my vrou. 

“Dankie dat jy lees en ons boeke koop. Moet nie ophou nie,’’ sê Stefaans.

Sandy glimlag en knik haar kop. Sy en Stefaans het hegte vriende geword nadat sy ‘n skryfkursus wat hy gereël het, bygewoon het en haar boek begin vorm aanneem het. Sy is ‘n meester-kunstenaar en voorsitter van Klerksdorp se kunsvereniging, Kunsstof. “Dit is vir my ‘n groot eer. Ek sukkel nog eintlik om dit te besef. Ek is eintlik net ongelooflik dankbaar,’’ sê sy. 

Die wenners van die Andrew Murray-prys word op 19 April aangekondig.