Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Een van die stad se mees bekende prokureurs is vandeesweek oorlede. Johan Friedrich (74) is op Dinsdag 4 Maart in Pretoria oorlede. 

Volgens sy jongste dogter, Henriette van der Zwan, het hy ‘n beroerte gehad. Friedrich het in 2020 Covid gekry en nooit heeltemal herstel nie.

“By tye was sy longfunksie maar 13%. Hy was die laaste jaar bedlêend. My ma se dood in Augustus verlede jaar het hom erg geknak. Hulle was 52 jaar getroud. Hulle het op universiteit ontmoet,” sê sy.







Sy beskryf haar pa as ‘n prokureur met ‘n hart van goud. “Hy was glad nie die stoere prokureur nie. Trouens, hy het ‘n wonderlike humorsin gehad en hy het persoonlike verhoudings met ons drie dogters gehad. Ek en hy het byvoorbeeld net Engels met mekaar gepraat, niemand kon verstaan hoekom ons dit doen nie, en hy het ‘n sterk verbeelding gehad. My sussies het gesê honde praat net Engels toe ek klein was en ons honde het ook net Engels verstaan. Ek sal dit nooit vergeet nie, en toe praat ek en hy Engels met mekaar.”

Volgens Henriette moes haar pa eerder ‘n kleuterskoolonderwyser geword het, want hy het ‘n spesiale band met kinders gehad. Hy was vir 25 jaar ‘n gr1-Sondagskoolonderwyser. 

Friedrich het in Vereeniging grootgeword en het sy prokureursloopbaan in 1970 by Erasmus Jooste in Klerksdorp begin. Hy het tot en met sy Covid diagnose in Klerksdorp as prokureur gewerk. “Hy en my ma was gemeenskapswerkers. Sy was Klerksdorp se Voortrekkertannie en hy was betrokke by die sportraad, Luiperd-rugby, die Voortrekkers, die Gereformeerde Kerk, die Junior Rapportryers en Zephyros Blaasorkes.

Friedrich was ook vir ‘n paar jaar bekend as rubriekskrywer in Klerksdorp Rekord - veral oor omgewingsake nadat hy in sy sestigs ‘n Meestersgraad in Omgewingsreg ontvang het.

Hy word oorleef deur ‘n halfbroer, niggies en ‘n tannie, asook sy drie dogters en ses kleinkinders. Sy roudiens vind om 10:00 op Sondag 9 Maart by Olënpark in Potchefstroom plaas.