Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inwoners van Flamwood, Adamayview en Irenepark sit met hul hande in hul hare, want hul krane is reeds drie dae droog. Van die inwoners in die buurte kla dat hul krane al sedert die naweek droog is.

Die inwoners maak staat op vriende en familie wat in ander voorstede bly, om water aan te ry. 

Verskeie versoeke aan die stadsraad om watertenkers te verskaf val ook op dowe ore en terwyl daar ‘n gesukkel met water is, gons die gemeenskapsgroepe op sosiale media oor die gebrek aan dienslewering.

Klerksdorp Rekord se navrae het aan die lig gebring dat die watertekort glo deur sabotasie veroorsaak is. 

Volgens rdl Johannes le Grange, DA-koukusleier, lê die probleem by Matlosana Gardens. “Daar is ‘n ooreenkoms tussen die bestuur van die wooneenhede en die stadsraad dat die raad ‘n stopkraan moet installeer. Die mense van die Gardens wil nie saamspeel nie, want daar is kostes aan verbonde. Nou het moeilikheidmakers gaan peuter aan die pype en kleppe gebreek wat veroorsaak dat daar nie water is nie,” het hy gesê.

Die probleem raak nie net Matlosana Gardens nie, maar ook nabygeleë strate soos Zinia, Flora, May, Connie en Smit. Dit is slegs die oortjie van die seekoei, want “onderhoud oor die laaste veertig jaar is ook nie gedoen nie is die hoofrede waarom waterpype een na die nader bars”.

Volgens Le Grange word “kleppe toegemaak as pype bars, wat veroorsaak dat die druk in die pype opbou en dan bars ander pype en so hou dit aan”. 

Hy het ‘n brief aan die stadsraad geskryf met die name van al die strate wat sonder water is, asook waar al die gebarste pype is. 
Geen terugvoering is nog ontvang nie.

Intussen weet die huishoudings wat nou sonder water sit, nie of hulle probleem voor Paasnaweek opgelos gaan word nie.