Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

10 Oktober 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Volgende week het ‘n jaar verloop sedert die botsing waarin vier jongmense gesterf het.

Om die dag te herdenk, beplan familie en vriende ‘n stoet bestaande uit motors en motorfietse wat Maandagaand 13 Oktober dieselfde roete sal ry as die doodsrit van Ruan Esterhuizen, Jackie Willis, Max Knott-Craig en Jané Janse van Rensburg.

Diegene wat aan die stoet wil deelneem moet teen 18:00 by Matlosana Mall se parkeerarea bymekaar kom vanwaar hulle om 18:30 sal vertrek na die kruising waar die botsing plaasgevind het. 

 

“Dit gaan vir geregtigheid. Vier onskuldige kinders is dood as gevolg van ‘n nalatige bestuurder. Daar is al ‘n jaar verby en nog niks het gebeur nie. Dit was kinders wat ‘n blink toekoms gehad het,’’ het die organiseerders gesê. Hulle het versoek dat almal stadig sal ry en hul medelye met die familie betoon. 

Klerksdorp Rekord het in Julie berig dat niemand nog in verband met die ongeluk aangekla is nie. Die prokureur wat die Mercedes Benz bestuur het wat teen die blou Renault Sandero gebots het, het ook nog nie ‘n verklaring afgelê oor wat die noodlottige aand gebeur het nie.