Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die skietdood van ‘n enkelma van Hartbeesfontein gedurende ‘n strooptog verlede week op die dorp.

Hartbeesfontein is nog steeds geruk oor die gebeure wat gedurende Donderdagnag 23/24 November afgespeel het. Rowers het binne ‘n kwessie van minute by drie huise toegeslaan, ingebreek en waardevolle items gesteel. ‘n Enkelma wat aandag van haar tienerdogter probeer aftrek het, is tydens die eerste rooftog doodgeskiet.

 

 

Marilize Bosman is in die bors geskiet terwyl sy vir haar 15-jarige dogter geskree het om te vlug. Volgens kapt Aafje Botma, polisiewoordvoerder, het die speurtak op Hartbeesfontein onverpoosd gewerk om die skuldiges vas te trek. “Twee mans, ouderdomme 48 en 39, is in Morekweng in die Noordkaap vasgetrek. Hulle het saam met die honde-eenheid van daardie area gewerk en op Maandagaand 28 November die arrestasies uitgevoer. Beide mans sal op Donderdag 30 November in die hof verskyn op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.’’

Inwoners van die dorp is verheug dat die skuldiges vasgetrek is. Gastehuiseienaar Freda de Klerk het gesê dit is soos ‘n swart kombers van rou wat oor die dorp getrek is, sedert die skote geklap het wat Bosman se dood veroorsaak het. “Ons ken nie sulke misdaad hier nie. Ons hele dorp is geskok oor wat gebeur het en sukkel nog om te glo. Ons het ‘n verootmoedigingsdiens volgende week in die NG Kerk op die dorp in ‘n poging om die gebeure te verwerk.’’

Die inbrekers het eerste by Bosman se huis toegeslaan waarna hulle na nog twee huise is. Skote is by albei huise afgevuur, maar niemand is raakgeskiet nie. “n Bejaarde egpaar en ‘n vrou wat alleen woon was slagoffers van die inbrake. In al die gevalle is selfone, beursies en skootrekenaars gebuit.

Estelle Griesel het op Facebook haar skok oor die voorval uitgespreek. “Ek het haar (Bosmanj) geken, het nog 7 uur gisteraand met haar gepraat. Dis flippen MOORD!!! Op ‘n onskuldige vrou. Ek hoop geregtigheid sal geskied. Ek haat hierdie siek wereld. Hoop die “Goed”, word gevang.’’

Clara Lourens was net so hartseer. “Sy is nog so jonk en het haar man baie vroeg in hul lewe aan die dood afgestaan. Niemand is meer veilig nie.’’
Bosman word op Donderdag 30 November in Klerksdorp begrawe.