Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die verhoor in Klerksdorp Streekhof waarin Frikkie Jansen van Rensburg tereg staan op moord, is uitgestel.

Die verhoor sal weer op 29 Oktober hervat. 

Hy word daarvan verdink dat hy die dood veroorsaak het van Wayne van Zyl wat in die vroeë oggendure van 27 November 2022 dood is in die parkeerterrein van Tipsy Cow, ‘n plaaslike kroeg wat na die voorval sy deure gesluit het. 

Verlede week is verskeie getuies geroep om ‘n beter prentjie vir die hof te skets oor wat daardie noodlottige aand gebeur het. Die oorledene se broer, Michael, was twee dae in die getuiebank om sy weergawe van die gebeure te gee. 

Dit was ook die eerste keer dat die hof Jansen van Rensburg se weergawe van wat gebeur het, gehoor het. Sy regsverteenwoordiger, Kobus Burger het sy kliënt se getuieverklaring op Donderdag 5 September voorgelees. Jansen van Rensburg ontken skuld. 

Daarin het hy gesê hy het die twee broers aangespreek oor hulle die eienaar van die kroeg, ‘n ouer man, gevloek het. Hulle het hom toe begin vloek. Hy het na hulle gestap en Van Zyl het weggehardloop met hom agterna. ‘n Oor-en-weer struweling het ontstaan, maar hy het Van Zyl nie geskop nie.

Getuienis is ook gehoor van dr Manini Magano wat die lykskouing op Van Zyl uitgevoer het. Sy het getuig dat ‘n hou teen die oorledene se nek, vermoedelik sy kop laat ruk het wat ‘n vertebrale slagaar laat skeur het. Dit het breinbloeding veroorsaak wat sy dood tot gevolg gehad het.

Burger, vir die verdediging, het in kruisondervraging die besering aan die slagaar betwis. Dr Hestelle van Staden, ‘n patoloog, wat ‘n tweede lykskouing gedoen het, sal waarskynlik getuig as die verhoor hervat.