Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Verpleegster wat verlam gelaat is nadat haar voertuig ‘n slaggat in Noordwes getref het, het R26,6 miljoen skadevergoeding van die staat gekry.

Die Hooggeregshof het die eis teen die departement van openbare werke en paaie in Noordwes, vroeër vanjaar toegestaan.

Die DA se Freddy Sonakile het in reaksie hierop gesê dat eise soos dié ‘n direkte gevolg is van die departement se versuim om die provinsie se padinfrastruktuur in stand te hou.

“Hierdie enkele eis, wat nou ’n beduidende deel van die departement se begroting opneem, beklemtoon die voortdurende verwaarlosing van padinstandhouding en stel nie net lewens in gevaar nie, maar stel ook die departement en uiteindelik belastingbetalers bloot aan potensieel honderde miljoene rande se regseise.’’

Die hof het bevind dat die departement volkome aanspreeklik is vir die beserings wat die verpleegster wat nie geïdentifiseer is nie, in die ongeluk op 3 November 2014 opgedoen het. Sy het ‘n slaggat iewers in Noordwes getref en beheer oor haar voertuig verloor voordat dit gerol het. Dit is nie duidelik waar die ongeluk gebeur het nie. Sy is nou aan ‘n rolstoel gekluister en heeltemal afhanklik van haar dogter. Sy het 25 jaar as ‘n verpleegster gewerk en is in 2016 medies ongeskik vir werk verklaar.

Volgens Sonakile moet die departement verduidelik hoe hulle die eis binne die huidige begroting finansier. “Ons wil ook ‘n lys hê en waarde van hangende en potensiële regseise as gevolg van padverwante skade. Die DA sal voortgaan om hierdie aangeleentheid in die Wetgewer te voer om volle deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verseker. Verwaarlosing van openbare infrastruktuur moet nie meer onbetwis bly nie, nóg in ons howe nóg in ons gemeenskappe.’’