Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

8 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Vryheidsfront Plus is nie gelukkig met die lys van voorgenome besteding in die Matlosana Munisipaliteit nie, en het gevra dat dit hersien moet word.

Dié plan met die uiteensetting van voorgenome aankope en besteding is by die spesiale raadsvergadering einde Julie aan die raad voorgelê. 

 

Rdl Annica Holtzhausen het gesê onreëlmatige besteding is ‘n groot probleem in die munisipaliteit wat al jare voortgaan. “Dit het byvoorbeeld onlangs aan die lig gekom dat padtekens vir meer as nege keer die markwaarde aangekoop is. Die ANC-hoofsweep in die raad, Rosy Thabanchu, se kantoor en raadsaal is onlangs teen ‘n koste van R248 000 gemeubileer. Dít vir ‘n standaard raadstafel met agt stoele asook ‘n lessenaar met drie stoele.’’

Volgens Holtzhausen is die feit dat daar geen prioritisering in die voorgenome aankope is nie, ‘n aanduiding dat die voorgenome bestedingsplan onreëlmatig is. “Veertien bestedingsitems het byvoorbeeld presies dieselfde begrotingstoekenning ontvang. Voorsiening word gemaak vir van die aankoop van elektriese kabels tot olie en watermeters, alles teen ‘n koste van R56 523 469, 93 per item."

Sy het bygevoeg dat die munisipaliteit ‘n onverskillige houding jeens belastingbetalers se geld en belange het, en daarom op ‘n hersiening aangedring.