Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Boere en grondeienaars in die omgewing verwag ‘n vroeë brandseisoen weens huidige droogte toestande.

Die Matlosana Brandbeskermingsvereniging het verlede week ‘n waarskuwing hieroor uitgereik nadat die eerste groot veldbrand vir die 2024 brandseisoen op Donderdag 14 Maart in die Dennegeur/Dupperspos-gebied naby Hartbeesfontein uitgebreek het. 

 

Volgens Frikkie Martin, voorsitter van die MBBV is daar na beraming 160ha weiding in die brand verloor. “Dit was die grootste van vier brande wat op die dag in die Matlosana-distrik gerapporteer is."

Hy het bygevoeg dat dit ‘n rare verskynsel is dat daar reeds in Maart veldbrande gerapporteer word. “Sulke vroeë brandseisoene is ongekend en bring baie uitdagings mee."

Martin het ‘n beroep gedoen op grondeienaars in die distrik om dringend die nodige voorbereidings te doen vir die brandseisoen om ‘n katastrofe te verhoed. “Met die droogte en dreigende misoeste is dit ons verantwoordelikheid om ons gebied teen veldbrande te beskerm, en sover moontlik, weiding te bewaar,’’ het Martin gesê.