Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die polisie het vyf mense in hegtenis geneem vir die moord op Chris Bossert in Elandsheuwel verlede week. 

Dit lyk of die moordenaars toegang tot sy huis gekry het deur voor te gee hulle soek werk. Een van die mense wat nou agter tralies is, is ‘n 17-jarige meisie. Nog ‘n vrou word deur die polisie gesoek in verband met die moord. Die polisie vermoed die twee vroue en ‘n man het die slagoffer genader vir werk en toe die ander drie mans binne gelaat wat die 65-jarige Bossert oorrompel het. 

 

Klerksdorp Rekord is vertel dat Bossert ‘n kluisenaar was met geen kind of kraai. Die huis in Ednastraat lyk verwaarloos en die tuin is dig toegegroei deur plante. Sy liggaam is Woensdag 24 Julie ontdek. Lt-kol Amanda Funani, polisiewoordvoerder, het gesê hy is wreed aangerand met ‘n onbekende voorwerp en vir dood op die vloer gelos. Daar was glo ‘n plastieksak om sy kop gebind.

“Die moordenaars het die huis geplunder en met verskeie huishoudelike items gevlug. Die polisie is na die toneel ontbied deur bure wat gesien het hoe die vreemde mense die erf verlaat. Die polisie het die bejaarde man dood in die huis aangetref."

Die polisie het die dag na die moord reeds twee mense in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om van die slagoffer se besitting in die taxi staanplek te smous. Hulle het die polisie gelei na die ander verdagtes wat ook in hegtenis geneem is. 

Ernest Smalle Moselane (20), Selwane Mokolokolo (23), Maligri Mashileng Witbooi (24) en Masupa Ishmael Ntawopane (29) moet weer op Maandag 5 Augustus in die hof verskyn. Die 17-jarige meisie se identiteit kan nie bekendgemaak word nie en word ingevolge die Kinderwet aangehou.

Die nuus van die moord het soos ‘n veldbrand versprei en verskeie inwoners het op sosiale media hul misnoeë uitgespreek oor die vlaag misdaad in die woonbuurt. Ook in Songloed en Elandia. 

Die moord was kort op die hakke van ‘n rooftog by ‘n bejaarde inwoner in Elandsheuwelstraat. Een van die inwoners het gesê hoe gevaarlik dit in daardie area is met veral dwelmverslaafdes wat daar ronddwaal op soek na goed om te steel. “Dit is asof hier ‘n hele nes van dwelmbedrywighede in hierdie gebied is. Hier was vier moorde en 12 huisrowe die afgelope twee en ‘n half jaar in Elandsheuwel, en dit is net waarvan ons weet. Dit moet tog verband hou. Ek hoop die polisie kyk daarna."

Die moord op ‘n Laerskool onderwyser, Jaco Koekemoer op Oujaar van 2022 is nog nie opgelos nie. 

Lt-Genl Sello Kwena het die speurders geloof vir die vinnige reaksie om die verdagtes agter tralies te kry.