Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Die Matlo-sana/Stilfontein Animal Shelter het 27 worshonde verlede week uit “haglike omstandighede’’ gered toe hulle by ‘n honde-teler se huis op die dorp toeslaan.

Suzette Kotze het aan Klerksdorp Rekord gesê dat sy via ‘n selfoonboodskap ingelig is van die worshonde. Wat sy by die huis aangetref het, het haar ergste verwagtinge oortref. “Ek was geskok. Ek het al erger gesien, maar dis erg. Hulle is baie swak. Hulle het so min kos gekry,” het sy vandeesweek gesê.

 

 

 

 

Sy het die huis op Donderdag 21 November besoek. Sy beskryf die diere as lopende geraamtes. “Die diere is erg ondervoed en hul ribbes is duidelik sigbaar. Hulle is erg verswak. Die eienaar het die honde vrywillig aan ons oorhandig. Ons wag nog vir ‘n verslag van die veearts en dan sal hy aangekla word van dieremishandeling.”

Volgens Kotze het die man aan haar gesê hy teel met die honde om “aan die lewe te bly en vir sy gesin te sorg’’. 

Tans is van die honde by die skuiling en ander by die veearts waar hulle behandel word. “Daar is belangstelling om van die honde te laat aanneem en ons is dringend op soek na borge om te help met die uitgawes verbonde aan die versorging van die diere. Enige hulp sal waardeer word. Die honde sal eers in Januarie vir aanneming beskikbaar gestel word.’’