Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se atletiekjaar het goed afgeskop met agt nuwe rekords wat opgestel is tydens die interhuisbyeenkoms.

Langasem Amogelang Tatai het ‘n 21-jaar oue rekord van Johnny Schupping in die 1 500m vir seuns o/19 verbeter na 4,07:50m. 

‘n Nuwe naelloper op die toneel, Simphiwe Nero het Zane van Staden se rekord in die 100m vir seuns o/15 verbeter na 11,29s.

Staatmaker Hanro Nel het twee nuwe rekords agter sy naam in gewigstoot en diskus vir seuns o/17. 

Nuwe leerling Mienke Cawood wat o/14 deelneem het ‘n nuwe rekordafstand in spiesgooi gegooi met ‘n afstand van 35,75m.
Nog rekords is opgestel deur Renscha van Wyk (o/19 gewigstoot), Rozel Pretorius (o/16 diskus) en Mieke Kromhout (o/17 driesprong).

Die senior Victor en Victrix Ludorums is Tyron Masanga en Jenna van Dyk en die juniors is Dean McAslin en Lizé van Zyl.