Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit en Hoërskool Wolmaransstad het op Vrydag 10 Mei op Schoonspruit se tuisveld teen mekaar te staan gekom in hul twaalfde Classic Clash.

Die skool was ‘n miernes van bedrywigheid met ondersteuners van wyd en syd wat die skolesport kom aanskou het. 

 

Die skole het ook nie op hulle laat wag nie, en sterk kragmetings op die rugby, hokkie en netbalbane was aan die orde van die dag.

Schoonies se netbalspanne het puik gespeel, maar met die eerstespan wat in ‘n naelbytstryd met drie doele verloor het, het Wollies die trofee terug huis toe gevat. SHS se o/14’s wen 16-12, o/15’s wen 12-6 en o/16’s wen 25-10. 

Op die rugbyveld het Wollies oorheers en al die wedstryde gewen. SHS se o/14’s verloor 54-0, die o/15’s verloor 71-0 en die o/16’s verloor 55-0. Die tweedespan verloor 21-3 en die eerstespan verloor 38-15.

Op die hokkieveld was SHS egter ‘n krag om mee rekening te hou en het die seuns- en meisiespanne seker gemaak die hokkietrofeë bly in Klerksdorp. Die o/14’s speel gelyk 0-0, Wollies se o/15’s wen 2-0, SHS se o/16’s wen 2-1, Wollies se tweedes wen 2-0 en SHS se eerstes wen 2-1. SHS se seunspan het 4-0 gewen.