Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Laerskool Saamtrek se A-spanne het geskitter tydens die Kosh-Laerskole gholfdag wat verlede week by Orkney gholfklub gehou is. Die spanne het almal deurgedring na die Noordwes-finaal wat op 30 Oktober by Magaliespark gehou word. Die gholfspan het die A-afdeling se zero-afdeling gewen, asook die individuele toekennings vir beide die meisies zero en IPS, en seuns zero en IPS in die A-afdeling. 

Juhanell Ollewagen wen die zero-afdeling en is naaswenner in die IPS-afdeling. Mckaylin van Rooyen wen die IPS-afdeling en is naaswenner in die zero-afdeling. Adriaan Hennop wen individueel die seuns IPS-kompetisie. Ruben van der Merwe wen die seuns individuele zero-kompetisie.

Saamtrek se seuns A-span wen die zero-afdeling en is naaswenners van die IPS-afdeling. Die span is Dehan van der Merwe, Ruben van der Merwe, Adriaan Hennop en Ullrich Ollewagen.

Die tweede seuns A-span is naaswenners in die zero-kompetisie. Die span bestaan uit Jayden Cooper, PG van Niekerk, Pierre Lötter en GJ Coetzer. Hierdie span dring ook deur na die NW-finale. Henriko Prinsloo is gekies om aan die NW-proewe deel te neem as gevolg van sy individuele prestasie.