Laerskool Saamtrek se meisies A-span het puik presteer tydens die interprovinsiale toernooi wat op 4 en 5 Desember op Nylstroom aangebied is. Die meisies het die IPS-afdeling gewen en tweede plek behaal in die Zero-afdeling. Juhanell Ollewagen (foto) het die individuele IPS-afdeling ook gewen. McKaylin van Rooyen (foto) behaal ‘n sesde plek individueel. Die seunspan het ‘n algehele vierde plek behaal in die IPS- en Zero-afdelings. Die seunspan is Adriaan Hennop, GJ Coetzer, Dehan van der Merwe en Ruben van der Merwe. Laerskool Saamtrek het teen skole van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga gespeel.
Gholfspelers presteer
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode